Success Stories
Man eis meer as R5m. ná hy onregmatig 16 maande in tronk sit
2011-08-28 22:50
Kaapstad - Die “slapgat houding” van sekere organe van die staat het gelei tot ’n eis van meer as R5 miljoen teen die departement van justisie en die maatskappy wat transkripsies van hofrekords namens die departement doen.
Mnr. André Alves (34) van Primrose, Germiston, het die eis ingestel nadat hy, luidens hofstukke in die Johannesburgse hooggeregshof, 16 maande lank verniet as veroordeelde moordenaar in die tronk gesit het.
Hy kon nie vroeër sy appèl teen sy skuldigbevinding aan moord verder voer nie omdat die transkribeerder, die maatskappy Lom Business Solutions, maande lank gesloer het met die voorsiening van die transkripsie van die hofrekord van sy verhoor.
Toe dié getranskribeerde rekord uiteindelik beskikbaar gestel is en Alves sy appèl verder kon voer, is hy deur ’n volbank van drie regters van die Johannesburgse hooggeregshof onskuldig bevind aan die moord en het hy ’n vry man uit die hof gestap.
Dit is verlede week voor regter N. Willis in dieselfde hooggeregshof getuig.
Alves het toe reeds 16 maande van sy vonnis van 12 jaar uitgedien. Hy was toe reeds vier jaar in die tronk, omdat hy as verhoorafwagtende meer as twee jaar sonder borgtog aangehou is.
Ná sy vrylating wat op sy suksesvolle appèl gevolg het, het Alves sy eis van R5,12 miljoen ingestel. Die eis spruit onder meer uit die beweerde verlies aan inkomste en skadevergoeding weens die beweerde nalatigheid van die departement van justisie om sy wetlike plig na te kom om die getranskribeerde hofrekord betyds beskikbaar te stel.
Tydens die aanhoor van getuienis in Alves se eis verlede week voor Willis, het mnr. Lionel Greenberg, een van die regsmense wat Alves bygestaan het, onder meer in die hof getuig dat hy “met respek en in aanhalingstekens die hof se aandag wil vestig op die slapgat houding van sekere organe van die staat”.
Die vertraging met die transkribering het meegebring dat Alves se appèl eers meer as twee jaar ná sy vonnisoplegging aangehoor is.
As die rekord betyds beskikbaar gestel was, sou die appèl baie vroeër verby gewees het en sou hy nie verniet in die tronk gesit het nie, beweer Alves.
Visit Die Burger for the original article